News

Vroue oor die wêreld bid saam

Vroue oor die wêreld bid saam

Wêreldbiddag vir Vroue word ook môre, Vrydag 5 Maart om 10:00 in Vredefort gevier, wanneer daar saam gebid sal word by die NG kerk in Vredefort.
Vroue van die gemeenskap word genooi om die geleentheid by te woon.
Met die biddag sal Christen vroue  in meer as 170 lande bymekaar kom om saam te bid. Die geleentheid bring vroue van alle rasse, kulture en kerke saam om deur gebed en aksie vir vrede en geregtigheid te bid.
Elke jaar word daar gefokus op ‘n ander land met ‘n unieke tema en word die biddag gehou op die eerste Vrydag van Maart.
Vanjaar se materiaal vir die Wêreldbbidag van Vroue is deur die vroue van Vanuatu ontwikkel. Die tema is “Build on a strong foundation”.  Die teksvers wat gekies is, is Mattheus 18:19.
Die eerste wêreldbiddag vir vroue in Suid-Afrika is in Maart 1930 in die Kaap gehou.

Related Articles

Back to top button