News
Terug na Vlak 1 vir SA
Die hele SA beweeg nou na Vlak 1 inperkingsregulasies met die tweede vlaag van die Corono-virus wat nou verslaan is. Die belangrikste wat jy moet weet van wat president Cyril Ramaphosa vanaand, Sondag 28 Februarie, gesê het, is: Die aandklokreël is angepas en geld nou van middernag tot 04:00. Die dra van …
Die hele SA beweeg nou na Vlak 1 inperkingsregulasies met die tweede vlaag van die Corono-virus wat nou verslaan is.
Die belangrikste wat jy moet weet van wat president Cyril Ramaphosa vanaand, Sondag 28 Februarie, gesê het, is:
- Die aandklokreël is angepas en geld nou van middernag tot 04:00.
- Die dra van maskers bly verpligtend.
- Alkohol kan nou weer volgens normale gelisensieerde ure verkoop word behalwe tydens die ure wat die aandklokreël geld.
- Nagklubs bly nog toe
- Maksimum mense wat nou kavergader binnenshuis is 100 mense, en buitenshuis 250 mense.
- Nagwake en byeenkomste na begrafnisse is steeds verbode.
- Net 5 lughawens is oop vir internasionale reise en 20 grensposte bly oop.