NewsNews

Suid-Afrika het 11 (plus 2) vakansiedae in 2021

Suid-Afrika het 11 (plus 2) vakansiedae in 2021

 

Werknemers sal waarskynlik ook die langnaweke benut – met Vrouedag (9 Augustus) en Erfenisdag (24 September) wat hierdie jaar onderskeidelik op ‘n Maandag en Vrydag val.

Suid-Afrika het elf openbare vakansiedae in 2021, sowel as twee ekstra dae wanneer vakansiedae op ‘n Sondag val.
Die Wet op openbare vakansiedae (Wet nr. 36 van 1994) bepaal dat wanneer enige openbare vakansiedag op ‘n Sondag val, die Maandag direk daarna ‘n openbare vakansiedag sal wees. Dit beteken dat 21 Maart se Menseregtedag oorspoel na Maandag, 22 Maart, en 26 Desember (Welwillendheidsdag) na Maandag, 27 Desember.
Buiten 1 Januarie (Nuwejaarsdag) wat reeds verby is, is die volgende openbare vakansiedae vir 2021 amptelik geproklameer:
21 Maart: Menseregtedag.
22 Maart: Openbare vakansiedag.
2 April: Goeie Vrydag.
5 April: Gesinsdag.
27 April: Vryheidsdag.
1 Mei: Werkersdag.
16 Junie: Jeugdag.
9 Augustus: Nasionale Vrouedag.
24 September: Erfenisdag.
16 Desember: Versoeningsdag.
25 Desember: Kersdag.
26 Desember: Welwillendheidsdag.
27 Desember: Openbare vakansiedag.

Opeenvolgende openbare vakansiedae kan ‘n beduidende impak hê op werksreëlings en skofte, veral op werkplekke wat sewe dae per week bedryf word.
Ondernemings moet dus bewus wees van die datums waarop werknemers waarskynlik vir verlof aansoek gaan doen om hul verloftyd rondom vakansiedae tot die maksimum te benut.
Werknemers sal waarskynlik ook die langnaweke benut – met Vrouedag (9 Augustus) en Erfenisdag (24 September) wat hierdie jaar onderskeidelik op ‘n Maandag en Vrydag val.

https://vaalweekblad.com/86932/suid-afrika-het-11-plus-2-vakansiedae-in-2021/

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button