NewsNews

Betogings op Ou Johannesburgweg (R82)

Betogings op Ou Johannesburgweg (R82)

 

EIKENHOF. – Die Johannesburgse-metropolisie sê hulle monitor die situasie op Ou Johannesburgweg waar ’n groep betogers nou al vir twee dae probeer om die pad met klippe en brandende bande te versper.

 

Die betogers is Sondag (21 Februarie) deur die metropolisie uiteengejaag toe hulle probeer het om die pad te versper. Talle motoriste gebruik die pad om tussen Johannesburg en Vereeniging te ry.

 

Volgens supt. Wayne Minnaar, ‘n woordvoerder vir die Johannesburgse-metropolisie, betoog die mense omdat onwettige strukture onlangs by die Jackson informele nedersettingnaby die R82 afgebreek en weggery is. Minnaar sê die metropolisie en polisie monitor die situasie en is reg om in te gryp wanneer dit nodig is.

 
 
https://vaalweekblad.com/86858/betogings-op-ou-johannesburgweg-r82/
 

 
 
 
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button