NewsNews

Mittal-ongeluk: Drie se liggame gevind

Mittal-ongeluk: Drie se liggame gevind

 

Vaalweekblad se Gerda Brunette berig dat bevestiging ontvang is dat al drie die vermiste werkers se liggame gevind is, na ‘n ongeluk gister, Woensdag 17 Februarie by die ArcelorMittal Vanderbijlpark-werke.

Die ongeluk het in die vroeë oggendure gebeur toe ‘n gedeelte van ‘n 90m hoë skoorsteen by een van die kooksoonde ineengestort en op ‘n beheerkamer geval het waar die drie werknemers besig was. Daar is sedert die ongeluk onverpoosd na die drie werkers gesoek. NUMSA het  in ‘n mediaverklaring  hul simpatie uitgespreek teenoor die families van die oorledenes. Ook  die vakbond Solidariteit het  sy medelye uitgespreek teenoor die gesinne van die werknemers  en gevra dat ”n risiko-analise gedoen word na die veiligheid van die infratruktuur en geboue weens die ouderdom van die aanleg . Die name van die oorledenes is nog nie bekendgemaak nie.  
 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button