NewsNews

Só gaan jy nou jou huis- en tuinhulp moet betaal

Só gaan jy nou jou huis- en tuinhulp moet betaal

 

Die nuwe Nasionale Minimum Loon is bekendgemaak.

Die nuwe tariewe is Maandag 8 Februarie in die staatskoerant gepubliseer, en tree op 1 Maart vanjaar in werking.

Die eerste verhoogde salaris sal dus einde Maart betaal moet word Die verhogings behels die volgende:

* Die nasionale minimum loon is met 4.5% verhoog van verlede jaar, van R20.76 tot R21.69

* Plaaswerkers se loon is gelyk gestel aan die minimum loon en verhoog nou van R18.68 tot R21.69

* Die grootste verhoging van byna 23% is vir huiswerkers, wie se loon nou van R15.57 tot R19.06 verhoog word, maar wat steeds byna 12% minder is as dié van ander werkers. Huiswerkers sluit tuinwerkers, versorgers van kinders en siekes in.

Lede van die Minimum Loon Kommissie het egter gewaarsku dat die verhogings tot verdere werksverlies kan lei. Net na die grendeltyd in 2020 het huiswerkers se werksverlies met 25.1% gestyg. Wat in ag geneem moet word is dat baie werkgewers van huiswerkers self ook werknemers is en self ook geraak is deur die grendeltyd met gepaardgaande verlies aan inkomste en selfs werksverlies of verkorte werksure. Lone vir ander sektore soos in die sekuriteitsbedryf, groot- en kleinhandel sowel as ander lone vir sektore wat aan bemiddelingsrade moet behoort, is beskikbaar by Dynamic Labour Solutions se kantore in Parys.

* Ons dank aan die personeel van Dynamic Labour Solutions wat die inligting vervat in hierdie artikel, verskaf het.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button