NewsNews

Slaggate rondom skole herstel

Slaggate rondom skole herstel

 

Die AfriForum-tak in Parys het op 13 Februarie twee ton teer gebruik om slaggate in strate rondom skole in die dorp te herstel ter voorbereiding van die skole wat Maandag heropen het. Herstelwerk is in Van Coller-, Schilbach-, St Jan-, Eerstelaan en Father Balink straat gedoen.

Die strate in Parys is in ‘n haglike toestand en motoriste ly baie skade as gevolg van die gate waarvan sommige baie diep en gevaarlik is.

“Dit is noodsaaklik dat inwoners eienaarskap van hul dorpe begin neem omdat die meeste munisipaliteite nie meer doeltreffend diens kan lewer nie.” “Dit is daarom baie belangrik dat elke inwoner in Parys wat nie tevrede is met die toestand van die dorp nie, betrokke sal raak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

As jy betrokke wil raak kan jy ‘n SMS stuur met die woord “Parys” na 31481 (R1 per SMS) om by AfriForum aan te sluit. Dit is ‘n duur proses om slaggate te herstel. Inwoners van Parys wat graag ‘n bydrae wil lewer, kan Fanie Kruger by 072 989 0901 skakel. Donasies kan ook inbetaal word by: AfriForum NPC FNB Centurion-tak, rekeningnommer: 623 4989 8398, takkode: 261550, verwysing: Parys-opknap   

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button