News

Munisipaliteit en Sakeliga voer gesprek oor Projek ‘Gatvol’

Munisipaliteit en Sakeliga voer gesprek oor Projek ‘Gatvol’

 

 

 

Sakeliga Parys sou vandeesweek samesprekings met die Ngwathe-munisipaliteit voer oor die organisasie se ‘Projek Gatvol’. Met die samesprekings sal gepoog word om hande te vat met die munisipaliteit om daadwerklik ‘n verskil te maak aan die toestand van die dorp se paaie.
Sakeliga het verlede week die projek bekendgestel en die gemeenskap se ondersteuning gevra deur slaggate te borg teen R100 per slaggat om stelselmatig te begin om die gate te herstel.
Omdat daar egter soveel slaggate is wat herstel moet word, is dit belangrik dat die herstel aan die vereiste tegniese standaarde sal voldoen om seker te maak die herstelwerk is ‘n langtermyn oplossing.
’n Sak teer kos gemiddeld R69 en is daarom besluit op die bedrag van R100 om seker te maak genoeg teer kan aangekoop word.
Die hoop is nou dat met die geldelike bydraes van die gemeenskap en inisiatief van Sakeliga, dit die munisipaliteit in staat kan stel om met hul toerusting en personeel die projek van die grond te kry.
As jy ‘n slaggat of meer wil borg teen R100 per gat, kan jy jou donasie elektronies inbetaal met verwysing, “Gatvol en die adres”. Sodoende kan jy aandui waar daar ‘n slaggat is wat jy graag sal wil hê herstel moet word.
Dit is ook terselfdertyd ‘n aanduiding vir die projekorganiseerders waar die grootste behoefte is. Die rekeningbesonderhede is: Sakeliga Parys, FNB Parys, tjekrekeningnommer 62868261133. Onthou jou verwysing: gatvol & adres.

 

 

Related Articles

Back to top button