NewsNews

Eerste skooltree vir Leonel na skêr-trauma

Eerste skooltree vir Leonel na skêr-trauma

 

Kinders regoor die land het Maandag, 15 Februarie weer na die skoolbanke teruggekeer. Vir baie was dit ook ‘n eerste keer skool toe. Ook vir die 5-jarige Leonel Riekert van Parys wat met groot opgewondenheid haar Gr.R-jaar by Parys Christelike Skool (PCS) begin het.

Gazette het in Junie verlede jaar berig oor die dapper kleutertjie wie se lewe handomkeer verander het na ‘n fratsongeluk toe sy met ‘n skêr in haar handjies geval het. Die skêr het haar wang gepenetreer en ernstige skade aan haar linkeroog veroorsaak. Alles moontlik is sedertdien vir Leonel gedoen om die sig in haar ogie te red, maar moes haar ouers, André en Mari, in November 2020 die hartseer nuus hoor dat sy na die ongeluk net 5% sig in haar linkeroog het.

Met haar opvolgbesoek by vitreo-retinale spesialis, dr. Bernard Wolff in Januarie vanjaar, is vasgestel dat haar sig steeds nie verbeter het nie. Sy moet dr. Wolff weer in April sien. Leonel het sedert die ongeluk reeds drie oogoperasies ondergaan, waaronder ook om katarakte te verwyder en ‘n lensoorplanting te kry – die gevolg van die trauma van die besering.

Vandag kan André en Mari net getuig oor die wonder wat hulle die afgelope maande dag na dag beleef het. En al het sy steeds nie die sig van haar linkeroog terug nie, is Leonel soos enige ander kleutertjie, baie opgewonde oor die skooljaar wat voorlê.  

Related Articles

Back to top button