NewsNews

Eerste Feathers-uitstappie vir 2021

Eerste Feathers-uitstappie vir 2021

 

 

Die Covid-pandemie is nog steeds met ons en het Feathers-voëlklub besluit om voorlopig nie die maandelikse byeenkomste te hou nie.

Aangesien die uitstappies in die buitelug plaasvind, sal die klub weer daarmee begin. Belangstellendes word genooi om Christo en Gerda Meyer se Kopjeskraal Country lodge op Saterdag, 27 Februarie 2021 saam met Feathers-voëlklub te besoek. Belangstellendes vertrek om 06:30 vanaf Pick ’n Pay se parkeerterrein.

Bring jou verkyker, piekniekmandjie, ‘n stoel, gogga-weermiddel en jou masker en saam. Navrae oor die klub en sy aktiwiteite kan gerig word aan Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306), of Peter Killian by 083 625 8100.  

Related Articles

Back to top button