NewsNews

Bonsai-diefstal: Wie doen só iets?

Bonsai-diefstal: Wie doen só iets?

   

Enige bonsai-kweker sal jou vertel – om ’n bonsai te kweek, verg ure se tyd en geduld. Hulle word oor jare gevorm en vertroetel. Wanneer so ‘n boom dan oornag eenvoudig weggedra word, is die skade enorm. Jy vervang nie net ‘n bonsai nie. ‘n Plaaslike bonsai-kweker, Hansie Bekker, wat al vir die afgelope 18 jaar bonsais kweek, moes op 2 Februarie by sy huis in Goue Jare tot sy skok ontdek dat drie van sy bonsais gesteel is. Behalwe vir die bonsais, is ook ‘n rolstoel, verf en verftoebehore uit ‘n ander motorhuis gesteel, en net ‘n dag later het ook ‘n leer verdwyn.    

Bo: ’n Ficus benjamina of te wel Treurvy / Weeping Fig (1995) wat 60cm hoog staan, in ’n handgemaakte pot.

Een van die bonsais, ‘n Wisteria wat op ‘n bouperseel uitgegrawe is, het in 2013 ‘n Internasionale Beoordelaarstoekenning ontvang van daardie jaar se World Bonsai Friendship Federation. Die waarde van die gesteelde bonsais beloop na raming R5 000. As jy inligting het wat kan help om die bonsais te vind, skakel 082 820 4306.    

Wisteria sinensis wat in 1950 geplant is nadat dit op bouperseel uitgehaal is. Die boom is 55cm hoog.

 

Die Wisteria soos hy gelyk het toe hy in 2013 ‘n Internasionale Beoordelaarstoekenning ontvang het van daardie jaar se World Bonsai Friendship Federation. Foto’s: Verskaf    

Die Acacia burkei of te wel Swartapiesdoring / Black monkey thorn wat in 1993 geplant is. Die boom is 55cm hoog.  

Related Articles

Back to top button