News

Vaaldam: Nog sluise oopgetrek

Vaaldam: Nog sluise oopgetrek

Die Department van Waterwese en Sanitasie het vandag, Vrydag 12 Februarie, nog twee van die Vaaldam se sluise ooptrek.

Die nuus volg nadat drie van die dam se sluise reeds Donderdag 11 Februarie oopgemaak is.
Volgens Sputnik Ratau, ‘n woordvoerder vir die departement van Water en Sanitasie, is daar aanvanklik besluit op drie sluise maar die nuutste analise wat gedoen is het getoon dat daar ‘n noodsaaklikheid is om nog twee sluise oop te maak.
Die water word na die Bloemhof Dam gestuur aangesien meer reën verwag word.
Een van die sluise sou vanoggend om 10:00 (Vrydag 12 Februarie) oopgetrek word en die tweede teen 12:00.
Die totale uitvloei word op ‘n veilige 649m3/s geraam..
Die Vaaldam was op Vrydag 12 Februrie 106,4% vol. Bloemhofdam staan op 112,3% en Grootdraai dam op 103,7%. Sterkfontein dam is nou 97.2% vol.
By Barrage was 11 sluishekke vandag oop.
Lees oorspronklike berig hier: https://vaalweekblad.com/86263/vaaldam-nog-sluise-oopgetrek/
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button