News

Projek ‘Gatvol’ vir gate begin

Projek ‘Gatvol’ vir gate begin

 

Om motoriste te sien uitswaai vir die meer gat as pad, is geen ongewone gesig in Parys se strate nie. Juis daarom het Parys Sakeliga begin met ‘Projek Gatvol’ waar inisiatief geneem word om slaggate in die dorp se strate te herstel. Om die projek te laat slaag is die ondersteuning van die gemeenskap baie nodig om te help om gate te borg. Teen R100 per slaggat, kan jy help om ‘n verskil te maak. Daar sal begin word in Loop- en Schilbachstraat, wat skoleverkeer dra.

Daarna sal die projek uitbrei na omliggende strate en só stelselmatig deur die dorp beweeg word. As jy ‘n slaggat of meer wil borg teen R100 per gat, kan jy jou donasie elektronies inbetaal met verwysing, “Gatvol en die adres”. Sodoende kan jy aandui waar daar ’n slaggat is wat jy graag sal wil hê herstel moet word. Dit is ook terselfdertyd ‘n aanduiding vir die projekorganiseerders waar die grootste behoefte is. Die rekeningbesonderhede is: Sakeliga Parys, FNB Parys, tjekrekeningnommer 62868261133. Onthou jou verwysing: gatvol & adres  

Related Articles

Back to top button