News

’n Blikkie in dié trollie help ander

’n Blikkie in dié trollie help ander

  D

ie gemeenskap van Parys se harte en hande was oop vir Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) sedert die begin van 2021, en sê die organisasie dankie vir die ongelooflike reaksie wat van die gemeenskap gekry is. Drie en veertige sakke vol huishoudelike items, speelgoed, klere, kos, skoene, beddegoed en gordyne is ontvang, sê Minharde Roos, VVA-koördineerder. Hoewel dit nie die volle nood in Parys en omgewing aanspreek nie, maak elke skenking ongetwyfeld die las ligter.

VVA het tans 50 gesinne en pensioenarisse vir wie daar weekliks/maandeliks ‘n kospakkie uitgedeel word. Dit sluit nie die mense/gesinne in wat daagliks kom vra vir ‘n kospakkie om die honger te stil nie. Vir Desember en Januarie het VVA altesaam 428 kospakkies uitgedeel en kon 116 stelle klere ook gegee word aan hulle in nood. Danksy Parys Spar is daar ook nou ‘n uitstekende geleentheid waar elkeen kan bydra om te help om die nood in jou gemeenskap te verlig. Met die Spar-veldtog, “How big is your heart” is VVA Parys gekies as nie-winsgewende organisasie wat deur skenkings vir die veldtog by Parys Spar, voordeel sal trek.

As jy kans sien om VVA Parys gedurende Februarie te help om ook hulle wat swaarkry te help en weer waardig te laat voel, kan jy nie-bederfbare voedsel, skoonmaakmiddels of toiletware by Spar in die gemerkte trollie plaas. Selfs net een blikkie nie-bederfbare kos wat jy in die trollie plaas maak ‘n verskil. Mense wat dit verkies kan ook skenkings by VVA se kantoor in Buitenstraat 18

afgee.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button