NewsNews

Herwinning: Dit is só maklik om te help

Herwinning: Dit is só maklik om te help

 

 

Vir Parys is toerisme die dorp se hoofbron van inkomste, maar wie wil ‘n vuil dorp besoek? Ongelukkig sal daar altyd morsjorse wees – hulle wat net neergooi.

Tog is herwinning ’n groot bedrywigheid in die dorp, en is dit geen ongewone gesig om rommelherwinnaars daagliks in Parys se strate te sien met trollies vol herwinde afvalmateriaal, enorme sakke vol bottels en plastiek wat rondgedra word, en ja – selfs ‘n rolstoel wat Vrydag in Eerstelaan gesien is – gepak met plastiek, blik en glas, bymekaar gemaak uit ander se vullissakke om te gaan verkoop om te oorleef.

Ongelukkig is dit die einste herwinnaars wat dikwels vullissakke nie weer behoorlik toemaak nie, of vullis agterlaat waar hulle sorteer, dikwels in parke of langs vore en strome. So beland swerfafval in die strate, parke of spoel rivier toe. Dan moet daar weer skoongemaak word. Hoewel verskeie skoonmaakaksies gereeld deur vrywilligers geloods word om die dorp skoon en netjies te hou vir sy inwoners en besoekers, soos die afgelope week weer gesien is, raak dit ‘n onbegonne taak om voortdurend die vullis op te tel. Maar jy kan ‘n verskil maak!

Al wat jy moet doen, is om net jou blikkies, melkbottels, proppies ensovoorts in ‘n aparte sak te sit wanneer jy jou vullissakke op straat sit vir verwydering. Op dié manier word vullissakke nie oopgelos nie, en ontaard parke en ander oop ruimtes nie in vullishope nie.  

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button