Met die skole wat aanstaande week op 15 Februarie sal heropen, wonder jy dalk hoe die res van die skooljaar gaan lyk.
Volgens die voorlopige skoolkalender wat deur die departement van onderwys bekendgemaak is, is die April-vakansie maar aan die kort kant met skole wat vir die eerste kwartaal op 23 April sal sluit en weer op 3 Mei open. Dit beteken net ‘n week se rus.
Die tweede kwartal eindig 9 Julie vir ‘n twee weke lange wintervakansie. Die skole open dan vir die derde kwartaal op 26 Julie.
Die derde kwartaal strek van 26 Julie tot 1 Oktober, en die vierde kwartaal van 11 Oktober tot 15 Desember.
You can read the full story on our App. Download it here.