NewsNews

Daar’s ’n likkewaan in die huis….

Daar’s ’n likkewaan in die huis....

 

 

Likkewane is beslis geen ongewone gesig vir Parysenaars nie. Vroeër jare is hulle dikwels in leivore of in erwe na aan die rivier opgemerk. Maar om ‘n likkewaan in jou huis te kry, is geen welkome gesig nie, soos Nellie Meyer van Villa Riviera en haar huishulp kan getuig.

Met groot ontsteltenis het die huishulp die jong likkewaan tussen die gordyne opgemerk, en het hulle aanvanklik gedink dat dit ’n slang is. Die buurman, Faan van der Linde, het tot hul redding gekom en die skubberige kuiergas in ‘n emmer gevang en weer by die rivier losgelaat.

Apies klim gereeld by die vensters in, vertel Nellie, en maak sy daarom juis saans die vensters toe. Min het sy egter gedink dat likkewaan se kind ook ‘n draai sou maak.

Die Villa Riviera-oord is teen die Vaalrivier geleë.    

Die jong likkewaan van nagenoeg 30cm wat in ‘n huis by Villa Riviera gevang is.

 * Die Vereeniging/Vanderbijlpark DBV moes onlangs ook hand bysit toe hul ‘n benoude oproep uit hul area gekry het van ‘n “krokodil” in ‘n diep drein. Die krokodil was toe al die tyd net ‘n likkewaan.  (Foto hieronder)

Die likkewaan wat vroeër vanjaar deur die Vanderbijlpark/Vereeniging DBV in ‘n drein gekry is.Foto: Vaalweekblad

n Paar interessanthede oor likkewane

* Likkewane se lengte kan wissel tussen 20 en 300cm (die Komododraak).

* Daar is 30 spesies in die likkewaanfamilie.

* Likkewane se sterk, gevaarlike kloue laat hulle rats en vinnig beweeg en kan hulle in bome of oor rotse klouter.

* Hul stert is sydelings afgeplat en is nie net ‘n swemorgaan nie, maar ook hul wapen.

* Hoewel die rugskubbe rond is en nie oormekaar gerangskik nie, is die skubbe op die pens meer vierkantig en in dwars rye gerangskik.

* Dit is nie net die likkewaan se lang gevurkte tong wat met slange ooreenstem nie. Ook die bou van die ruggraat en skedel toon ooreenkomste.

* Die tong dien ook as reukorgaan. * Likkewane is dagdiere en vleisvreters, hoewel hulle ook eiers eet.

* Die grootte van die prooi word bepaal deur die grootte en ouderdom van die likkewaan. So sal jong likkewane van kleiner spesies insekte vreet.

* As hulle bedreig voel, soek hulle skuiling, en as hulle nie kan wegkruip nie, suig hulle hul lywe vol lug en neem ‘n dreigende houding in, meestal op die agterpote, en maak ‘n blaasgeluid. Die vyand word dan met die stert, bek en kloue afgeweer.  

Related Articles

Back to top button