News

Onderwysdepartement keur meer as R400 000 goed vir sekuriteitswag se ‘huisie’

Onderwysdepartement keur meer as R400 000 goed vir sekuriteitswag se ‘huisie’

Die gemeenskap van Promosa is geskok en kwaad nadat dit aan die lig gekom het dat die Dr. Kenneth Kaunda onderwysdepartement meer as R400 000 aan ‘n kontrakteur bewillig het om ‘n klein sekuriteitsgeboutjie by Hoërskool Promosa op te rig.

 

‘n Bestelvorm van die Dr. Kenneth Kaunda onderwysdepartement, met ‘n datumstempel van 13 Januarie, het goedkeuring gegee dat  R486 635 vir die oprigting van ‘n sekuriteitswag-huisie aan ‘n kontrakteur gelewer word. Foto’s van dié dokument word tans op sosiale media versprei.

Die bestelvorm van Dr. Kenneth Kaunda Onderwysdepartement. Foto: Verskaf

Dié geboutjie wat met elektrisiteit, ‘n toilet en wasbak toegerus is, is reeds by die ingang van die skool gebou en bied skuiling aan ‘n sekuriteitswag.

Nadat die Herald navraag by die skool gedoen het, is nog net die huisie in plek, maar geen sekuriteitswag is aangestel nie. Na bewering sal die onderwysdepartement die sekuriteit uitkontrakteur, sê ‘n betroubare bron van die skool wat anoniem wil bly.

‘n Lid van die beheerraad sê hulle het by die onderwysdepartement aansoek gedoen vir sekuriteit omdat die skool al verskeie kere onder plunderaars deurgeloop het. Hulle het verlede jaar tydens die reses by die skool ingebreek en onder meer die administratiewe gebou en die hoof se kantoor geplunder. Vandaliste knip ook gereeld gate in die heining rondom die skool.

Nadat die Herald die kommunikasiewoordvoerder van die Noordwes onderwysdepartement, Elias Malindi, vir kommentaar genader het, het hy ‘n verklaring uitgereik. Daarin bevestig hy dat Mmaphefo Matsamela, ‘n lid van die onderwysdepartement se uitvoerende raad, Woensdag, 3 Februarie ‘n komitee sal saamstel om so gou moontlik die saak te ondersoek.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button