NewsNews

Restaurante, drankwinkels klink ‘n glasie

Jou masker moet jy steeds dra

 

DIe belangrikste wat jy nou moet weet nadat president Cyril Ramaphosa vanaand, Maandag 1 Februarie, met Suid-Afirkaners gepraat het, is die volgende – en dit is beslis goeie nuus vir die restaurant en gasvryheidsbedryf!!

  • Drankverkope word weer toegelaat van Maandag tot Donderdag.  Gelisensieerde persele soos restaurante en tavernes mag ook weer drank verkoop 7 dae ‘n week tussen 10:00 en 22:00. Wynplase en mikro-brouerye mag alkohol verkoop volgens hul normale bedryfsure.
  • Strande, damme, parke en riviere is weer oop.
  • Kerkdienste kan weer gehou word met 50 mense maksimum binnenshuis en 100 mense in die opelug.
  • Die aandklokreël word verslap en is nou geldig tussen 23:00 en 04:00. Ondernemings moet wel om 22:00 sluit sodat personeel betyds tuis kan wees.
  • Byeenkomste word steeds nie toegelaat nie behalwe vir begrafnisse en godsdienstige byeenkomste met ‘n maksimum van 50 mense.
  • Die dra van ‘n masker in die openbaar bly verpligtend.
  • Werknemers is gevra om waar moontlik hul werkers toe te laat om van die huis af te werk.

Die president het afgesluit met die boodskap dat dinge baie vir Suid-Afrikaners verander het. Hy het ook gesondheidswerkers, noodsaaklike werkers en navorsers geloof vir hul werk.

Maar die belangrikste is dat dit nou in Suid-Afrikaners se hande is om te verhoed dat ‘n derde vlaag die land tref deur verantwoordelik op te tree. Handhaaf sosiale afstand. Dra jou masker. Was en saniteer jou hande – onthou dat onverskillige optrede nie net jou lewe in gevaar plaas nie maar hulle om jou. Hulle met komorbiditeite. Wees asseblief verantwoordelik, want elkeen van ons ken minstens iemand na aan ons wie geraak is deur die vernietigende gevolgde van hierdie pandemie.     

 

Related Articles

Back to top button