News

Die president praat met Suid-Afrikaners

Die president praat met Suid-Afrikaners

 

President Cyril Ramaphosa sal vanaand, Maandag 1 Februarie, om 20:00 met Suid-Afrikaners praat .

Die president, tesame met adjunkpresident David Mabuza en dr Zweli Mkhize, minister van gesondheid, ontvang ook vanmiddag SA se eerste besending van sowat 1 miljoen entstowwe teen Covid-19 by die OR Tambo-lughawe.

Die hoop word allerweë uitgespreek dat die president na verwagting vanaand die land van vlak 3 na vlak 2 sal skuif wat hopelik sal beteken dat strande, riviere en parke weer oopgestel kan word, moontlike verandering in die aankllokreël tye en dalk ook verligting vir die verkope van alkohol om hopelik weer verkope Maandae tot Donderdae 10:00 tot 18:00 toe te laat.

Ook die Restaurantvereniging van Suid-Afrika wat verlede week ‘n ernstige pleidooi tot die presidensie gelewer het by die Uniegeboue oor dié bedryf wat op sy knieë is, hoop dat alkoholverkope vir verbruik op persele soos by restaurante dalk weer toegelaat sal word.  

   

Related Articles

Back to top button