NewsNews

Restaurantbedryf in ’n wurggreep

Restaurantbedryf in ’n wurggreep

   

 

Vir baie toeriste is Parys ’n gewilde bestemming, veral oor naweke, en is die dorp se keurige restaurante en baie gastehuise deel van die aantreklikheid van die dorp, en ‘n belangrike komponent van dit wat die dorp se voortbestaan verseker. Maar dit is juis hierdie bedryf wat van die swaarste deur die inperkingsregulasies getref is.

’n Leë tafel en stoele voor die Uniegebou in Pretoria, het dié week boekdele gespreek van die hartverskeurende effek van die inperking wat steeds in die bedryf gesien word. Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) het vandeesweek in sy brief wat Maandag aan president Cyril Ramaphosa by die Uniegebou afgelewer is, gesê die bedryf kan nie veel langer uithou nie. Die hoop dat verliese in die bedryf oor die Desembervakansie opgemaak sou kon word, het nie gerealiseer met die aangepaste vlak 3 inperkingsregulasies waarmee ’n derde drankverbod op 28 Desember aangekondig is.  

 

Wendy Alberts van die Restaurantvereniging van Suid-Afrika Maandag voor die Uniegebou waar daar gepleit is by die presidensie om te luister na voorstelle van die restaurantbedryf. Foto: Verskaf

Dit tesame met die aandklokreël wat beteken dat restaurantkombuise reeds net na 19:00 saans moet sluit om betyds teen 21:00 die restauant se deure te kan toemaak, en die beperking op getalle op restaurantpersele, het sukkelende restauranteienaars se inkomste nog verder laat krimp. Voeg daarby die ekstra uitgawes wat restaurante het met stygende voedselpryse, uitgawes om te voldoen aan Covid-19 veiligheidsregulasies, en die uitdagings van krag- en watervoorsieningsprobleme en beurtkrag wat nog in Januarie ook geabsorbeer moes word. Volgens Wendy Alberts het Rasa verskeie voorstelle na die tafel gebring sodat restaurante in bedryf kan bly terwyl regulasies steeds nagekom word. Sy het ook beklemtoon dat restaurante met dranklisensies reeds onderhewig is aan streng regulasies.

Die vraag na alkohol sal daar wees, of restaurante toe is aldan nie. Rasa het Maandagmiddag ’n e-pos van die presidensie ontvang om te bevestig dat sy skrywe direk onder die president se aandag gebring sal word, en waarin daar dank uitgespreek word vir die konstruktiewe voorstelle wat gemaak is, Die presidensie het ook voorgestel dat daar met die minister van toerisme gepraat moet word, wat weer sy advies aan die president sal gee.

Rasa het daarop die minister van toerisme genader om met die vereniging in gesprek te tree, en ook ’n verduideliking gevra oor die voorgestelde uitbreiding van die hoofooreenkoms van die Bargaining Councils wat nog ’n vuishou vir die restaurantbedryf sal beteken.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button