NewsNews

Diefstal: Selfs kerke nie gespaar nie

Diefstal: Selfs kerke nie gespaar nie

 

Duisende rand se skade en dit vir ‘n paar rand se koper om by ‘n skrootwerf te verkoop Die Parys Baptiste-gemeente moes verlede Dinsdagoggend ontdek dat twee groot 24 000 BTU verkoelingseenhede eenvoudig van die kerk se mure af gesteel is.

Die diefstal was Maandagnag/vroeg Dinsdagoggend – ‘n tyd wanneer mense volgens die aandklokreël na regte tuis moet wees. Maar nie misdadigers nie. Die twee eenhede is sowat ses jaar gelede by die kerk geïnstalleer en is net ‘n week tevore gediens, sê die gemeenteleraar, ds. Jannie Vosloo. ‘n Klag van diefstal is by die polisie aanhangig gemaak.

* Ons medelye ook aan die familie van Louis Jacobs, ouderling en sekretaris van die gemeente (78) wat op 28 Desember aan hart- en nierversaking dood  

     

Related Articles

Back to top button