NewsNews

Optiese vesel-netwerk: Nuwe installasies gaan voort

Optiese vesel-netwerk: Nuwe installasies gaan voort

 

 

 

Vumatel se herstelwerk aan beskadigde dele van die optiese veselnetwerk in Parys behoort binne die volgende week voltooi te wees. Daar sal dan ingehaal word op die agterstand met nuwe installasies.
Net soos met die oorhoofse kraglyne en Telkom-lyne, het misdadigers ook sedert die netwerk “lewendig” geword het in November 2020, begin om veselnetwerk mangate te vandaliseer en kabels uit te haal. Die geweldige vlaag van vandalisme het so ‘n ernstige impak op die veselnetwerk in die Parys-gebied gehad dat nuwe installasies nie oor Desember gedoen is nie. Mense is daarom ook gevra om verdagte bewegings by die infrastruktuur van Vumatel te rapporteer.
Met die herstel van die beskadige dele is mangate nou beveilig en sal kwaliteittoetse gedoen word sodat nuwe installasies kan voortgaan.

 

Related Articles

Back to top button