News

Publiek se inligting en flinke optrede help om kabeldief vas te trek

Publiek se inligting en flinke optrede help om kabeldief vas te trek

 

 

‘n Man is vanmiddag gearresteer nadat hy ‘n rol kabel  in Oranjestraat gegryp het waar die kontrakteur besig was om met die kabel te werk.

Dankie aan die SAPD en We Care-lede wat vinnig reageer het om die arrestasie te maak en die lid van die publiek wat oplettend en waaksaam was om dit te rapporteer.

Wees asseblief op die uitkyk as jy enigiets verdags in jou omgewing sou raaksien en rapporteer dit onmiddellik by die SAPD en op jou buurtwag-groepe. Huisbrake, diefstal en veral die diefstal van kabel bly steeds ‘n bron van kommer en elkeen se samewerking is nodig om te help om hierdie misdadigers vas te trek.

 

 

Related Articles

Back to top button