NewsNews

Die storie agter die storie van Risiville se ‘spookhuis’

Die storie agter die storie van Risiville se ‘spookhuis’

VEREENIGING. – ’n Netjiese wit vierslaapkamerhuis huis in Brocketstraat, Risiville wat al jare lank leeg staan maar waarvan die tuin altyd in ’n onberispelike toestand bly sonder tekens van verval of agteruitgang.
Die huis is as jare lank in die mark maar niemand trek ooit daar in nie.
Die geheimsinnige spookhuis is langs die besige roete tussen Meyerton en Vereeniging geleë en het die afgelope week mense op sosiale media aan die gons gehad.
“Lyk soos ’n spookhuis. Staan al lank leeg en in die aande is daar lig aan en iets of iemand beweeg daar rond,” het ’n vrou op Facebook geskryf.
“I hear that at night the stove will light itself. Spooky house indeed,” skryf ’n ander.
“Ek ken ’n meisie wat daar gewoon het so 15 jaar terug! Die spook (is) vir seker daar! My sus was al ’n paar keer in daai huis. Natuurlik gan die eienaar sê dit spook nie…” vertel ’n ander.
Hannelie Warren, die dogter van die eienaar van die huis, het egter die afgelope week die geheim oor die huis in Brocketstraat opgeklaar op die die gewilde Facebook-groep Memories of V-Town.
Sy skryf: “Om die rekord reg te stel: dit was ongeveer 35 jaar gelede my ouma se huis. Sy het die mooiste tuin gehad met meer as 1000 roosbome. “Ek het die mooiste herinneringe aan al die lag en gelukkigheid.
“My ouma is in die hospitaal oorlede en my ma het die huis geerf. Aanvanklik het my ma die huis uitverhuur maar huurders het erg beskadig en sy wou nie verder geld aan herstelwerk spandeer nie.
“Sy wou op ‘n stadium self daar gaan woon. Die tuin en huis word gereeld skoongemaak.
“Vir jare het ‘n verfwer/tuinier by tye wanneer hy in die omgewing werk gekry het daar gewoon en saans het hy ‘n kers gebrand waar hy gesit het wat die spookstorie laat ontstaan het. My ma hoef nie te verhuur of te verkoop nie en kan haar huis laat leeg staan as sy wil. Sy wou verkoop en het ‘n agent aangestel. Ander agente het die advertensie gesien en sonder haar toestemming die huis begin bemark. Niks verkeerd met mense wat probeer besigheid doen nie. Die huis is massief (blykbaar die grootste huis in Rissiville) met 5 slaapkamers, ‘n tuinwoonstel en baie meer.
“Die houttrap na bo is lieflik.
“Ek hoop almal verstaan nou en dat alle spekulering kan ophou.indien iemand in die huis sou belangstel, stuur vir my ‘n boodskap op messenger en ek stuur vir jou my ma se kontaknommer,” skryf sy.

 

https://vaalweekblad.com/84435/die-storie-agter-die-storie-van-risiville-se-spookhuis/

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button