NewsNews

Covid-19: Só lyk Parys se syfers nou

Covid-19: Só lyk Parys se syfers nou

 

Sedert 13 Januarie tot en met 19 Januarie het die aantal positiewe Covid-19 gevalle vir Parys met 43 gestyg van ‘n totaal van 779 na 822 gevalle.

Daar is nou reeds ‘n totaal van 9 300 bevestigde gevalle in die hele Fezile Dabi-streek wat die dorpe Sasolburg, Deneysville, Oranjeville, Kroonstad, Viljoenskroon, Steynsrus, Parys, Heilbron, Koppies, Vredefort, Edeville, Frankfort, Villiers en Cornelia insluit.

Van die aantal bevestigde gevalle was daar 323 sterftes, 7491 mense wat reeds herstel het en 121 nuwe gevalle. So lyk die syfers per dorp nou soos op 19 Januarie.  

 

Asseblief self-isoleer wanneer jy enige simptome sou ervaar van die virus, of as jy steeds wag op die uitslag nadat jy getoets het vir Covid-19. Dra jou masker, was en saniteer jou hande en handhaaf sosiale afstand. Doen dit vir jou eie veiligheid en die veiligheid van ander, veral hulle met komorbiditeite. Covid-19 is ‘n harde en hartseer realiteit waarmee ons saamleef. Beskerm jouself en hulle vir wie jy lief is.  

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button