News

Covid-19: Só lyk Parys se syfers nou

Syfers styg steeds

   

 

In die afgelope 4 dae (10-13 Janaurie)  het die aantal positiewe Covid-19 gevalle in Parys van 756 gevalle na 779 gestyg.

Tog word steeds gerapporteer dat mense nie sosiale afstand handhaaf nie, en daar steeds by sommige ‘n onwilligheid is om maskers in die openbaar te dra, ten spyte daarvan dat swaar boetes en selfs tronkstraf jou opgelê kan word, sou jy sonder ‘n masker in die openbaar beweeg.

Bo en behalwe jou eie veiligheid, onthou dat jy ook ander se lewens in gevaar kan stel, veral hulle met komorbiditeite. Die tabel hieronder wys hoe die syfers op 13 Januarie in die onderskeie dorpe in die munisipale gebiede in die Fezile Dabi-distrik gelyk het met ‘n totaal van 8669 gevalle vir die hele streek. Net vier dae gelede was die totale syfer vir die streek 8411.  

Die tabel hieronder gee die syfers vir die onderskeie dorpe in die munisipale gebiede in die Fezile Dabi-distrik soos op 10 Janaurie. Gaan kyk bietjie hoe die syfers gestyg het. Vroeër die week is reeds gesê dat in die Fezile Dabi-streek kommer is oor die  syfers van Koppies, Heilbron, Sasolburg en Kroonstad.  

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button