NewsNews

Meer as 25 miljoen gebruikers in net 72 uur

Meer as 25 miljoen gebruikers in net 72 uur

 

 

Die boodskapdiens Telegram het pas bekendgemaak dat dié diens met meer as 25 miljoen nuwe gebruikers oor die wêreld gegroei het in die afgelope 72 uur. Dit beteken dat dié diens nou reeds die 500 miljoen aktiewe gebruiker-kerf verbygesteek het.

Sedert WhatsApp gebruikers ingelig het oor nuwe voorwaardes en bepalings waartoe toegestem moet word voor 8 Februarie, sou jy wou voortgaan om van die diens gebruik te maak, is ‘n ongekende groei in gebruikers van Telegram gesien.

Hoewel die volle omvang van dit waartoe gebruikers instem sou hulle die nuwe voorwaardes en bepalings van WhatsApp aanvaar, nie heeltemal duidelik is nie, is kenners dit eens dat die kwessie nie gaan oor die veiligheid van gebruikers se boodskapinhoud nie, maar wel die deel van gebruikers se persoonlike inligting met onder meer Facebook aan wie WhatsApp behoort.

Lees gerus ook die artikel https://www.citizen.co.za/parys-gazette/47226/hier-is-wat-jy-moet-weet-oor-die-whatsapp-herrie/ wat jou meer vertel oor wat die voorwaardes en bepalings van WhatsApp behels.    

 

 

 

Related Articles

Back to top button