NewsNews

Vlak 3: Dit is wat jy nou moet weet

Vlak 3: Dit is wat jy nou moet weet

SA bly steeds op aangepaste regulasies vir Vlak 3 van inperking en dit is nie seker tot wanneer dit van krag sal wees nie, behalwe dat dit waarskynlik in plek sal bly tot daar ‘n beduidende afname in die infeksiekoers is. Hier is die belangrikste wat jy nou moet weet:

  • Grensposte – 20 Grensposte is met onmiddellike effek gesluit tot 15 Februarie. Daar is wel uitsonderings gemaak soos vir mense wat in en uit moet beweeg vir brandstof, goedere, nood mediese dienste, lewensbedreigende toestande, buitelanders wat moet vertrek en Suid-Afrikaners wat moet terugkeer na die land. Daar is niks gesê oor internasionale lughawens nie, en het die aankondiging hoofsaaklik oor grensposte op die landsgrense gegaan.
  • Aandklokreël – Die aandklokreël bepaal nou dat jy  tussen 21:00 en 05:00 tuis moet wees.
  • Skole- Dit is nog nie seker of skole wel op die 27ste Januarie sal heropen nie. ‘n Aankondiging sal volg.
  • Toelaes – Daar was geen aankondiging oor verlenging van spesiale toelaes vir werkers, besighede of armes nie.
  • Oor begrafnisse en byeenkomste – Binne- en buitenshuise byeenkomste word steeds nie toegelaat nie, ook nie kerkbyeenkomste nie. Net 50 mense word by begrafnisse toegelaat.
  • Maskers – Die dra van maskers in die openbaar bly verpligtend
  • Provinsiegrense is nie gesluit nie en kan jy dus steeds oor grense beweeg sonder ‘n permit
  • Strande damme, mere, riviere en openbare swembaddens bly gesluit, maar parke, museums ens waar toegang beheer word, bly oop. 
  • Alkoholverbod – Die alkoholverbod bly van krag wat betref drankverkope by restaurante, kuierplekke, drankwinkels, sjebiens ens.

Related Articles

Back to top button