NewsNews

Nuwe dokter vir Parys

Nuwe dokter vir Parys

 

 

Goeie nuus vir Parysenaars is dat dr. Bok Jansen reeds begin praktiseer het by die spreekkamers van dr. Eugene Campher in Breëstraat. Dr. Jansen is ’n ou bekende in die omgewing en het in Vredefort grootgeword.

Dit gaan ook reeds baie beter met dr. Campher na ’n lang siekbed. Ook dr. Campher se vrou, Lera, sterk goed aan hoewel daar steeds vir haar ‘n lang pad na herstel is.

Dankie aan elkeen wat oor die afgelope maande vir die egpaar gebid het en vir elke boodskap van meelewing wat hulle deur die tydperk gedra het wat beide gehospitaliseer en ernstig siek was.

Sou dr. Campher in die nuwe jaar weer sterk genoeg wees om te kan praktiseer, sal hy na verwagting saam met dr. Jansen by die spreekkamer wees.

Dr Jansen is tans Maandae tot Vrydae 08:00-17:00 by die spreekkkamer. Die spreekkamer is egter Donderdagmiddae gesluit.

Saterdae se spreekure is 09:00-12:00.

Die nommer om te skakel  vir nood op vakansiedae en Sondae is 076 354 0507.

 

 

 

Related Articles

Back to top button