NewsNews

Hofuitspraak het verreikende gevolge vir munisipaliteite se enorme Eskom-skuld

Hofuitspraak het verreikende gevolge vir munisipaliteite se enorme Eskom-skuld

 

 

‘n Appelhofuitspraak waarin beslis is dat Eskom eers die wetlike prosedures moet volg om sy dispuut met munisipaliteite met agterstallige rekenings op te klaar voordat kraggebruikers se ligte afgesit word, kan ook verreikende gevolge hê  vir Parysenaars wat al vir jare vrees vir wanneer die kragdonkerte op hul gaan toesak weens die Ngwathe munispaliteit se enorme skuld aan die kragreus.

Die skuld van meer as 100 munispaliteite in die land beloop reeds meer as R30 miiljard aan Eskom en is dit geen onbekende feit dat munispaliteite eenvoudig nie meer die vermoë het om die kragreus te betaal nie.

Dié opspraakwekkende bevinding in die Appélhof is gemaak in die eMalahleni-saak van die eiendomsgroep Resillient en ander sakelui, en die sake- en toerismekamers van Sabie, Graskop en Lydenburg in die Thaba Chweu munisipaliteit. Sakeliga is as vriend van die hof toegelaat.

Die hof het bevind dat Eskom steeds ‘n grondwetlike plig het om munisipaliteite te help om basiese dienste te lewer en dat munsipale dienslewering ineen sal stort as Eskom kragtoevoer sny na munisipaliteite.

Die uitspraak beteken dat Eskom nou voordat krag afgesny word na ‘n munisipaliteit, eers volgens die Wet op ‘n Raamwerk vir Interregeringsverhoudings moet probeer om sy dispuut met ‘n munisipaliteit buite diehof  te besleg omdat beide munisipaliteite en Eskom staatsinstellings is.

Desondanks die hofuitspraak is daar ook baie kritiek teen munisipaliteite se versuim om wanbetalers vas te vat.

Die Ngwathe munisipaliteit het einde 2020 begin om streng op te tree teen inwoners en sakelui wie versuim om hul munisipale rekenings te betaal en slegs kragaankope doen sonder om hul diensterekenings te betaal. Die optrede, is hoewel daar ook kritiek was, verwelkom omdat daar uiteindelik daadwerklike pogings is om verbruikers wie nie hul verpligtinge nakom nie, vas te vat.

 

Related Articles

Back to top button