NewsNews

Talentvolle rugbyspeler verdrink op Oujaarsdag

Talentvolle rugbyspeler verdrink in Vaalrivier

 
 
Die baie talentvolle Vaaldriehoekse rugbyspeler, Webster Swanepoel, het op Oujaarsdag gesterf nadat hy in die Vaalrivier verdrink het. Hy was 22. Webster het vir rugby geleef en was dan ook een van die Noordwes Universiteit se belowende jong rubyspelers wat onder meer in sy rugbyloopbaan vir die Vereeniging 0.21-rugbyspan en ook vir die NWU Vaal 0.21-rugbyspan uitgedraf het.
 
 
Webster het Donderdag saam met ‘n groep vriende langs die Vaalrivier gekuier en geswem toe hy die middag kort voor 15:00 toe hy in die water was na sy vriende om hulp geroep het. Daar is onmiddellik probeer om hom te help, maar dit was vergeefs.
 
Webster was net 3 dae oud toe hy as weggooibaba langs die Kliprivier gekry is. Hy het nooit geweet wie sy biologiese ouers was nie. Hy is grootgemaak deur Piet en Marina van Zyl van Meyerton wat hulle oor hom ontferm het, nadat hy aanvanklik by ‘n pleegma was. Vir die Van Zyls was hy soos ‘n eie kind. Sy rugbytalent is reeds op laerskool raakgesien en het hy in 2018 vir die Valke in die Cravenweek as losskakel gespeel.
 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button