NewsNews

270 verdagtes in Noordwes binne 24uur gearresteer vir oortreding van inperkregulasies

270 verdagtes in Noordwes binne 24uur gearresteer vir oortreding van inperkregulasies

 

Volgens brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in die Noordwes, het polisie in die Noordwes 270 verdagtes gearresteer wat die regulasies van die Wet op Rampbestuur oortree het. Dié arrestasies was slegs tussen gister (31 Desember) tot die vroeë oggendure van die nuwe jaar gemaak.

Brig. Mokgwabone sê 176 mense is gearresteer wat die aandklokreël oortree het: 83 het in die openbaar sonder maskers verskyn, ses het alkohol verkoop/ontvang, twee het alkohol vervoer en drie het alkohol in die openbaar gedrink.

 

Dit was egter nie al waarmee die polisie te doen gehad het nie. In dieselfde kort tydperk is 35 verdagtes ook vir ander misdade vasgetrek wat aanranding, roof, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, bestuur onder die invloed van drank, inbraak en diefstal insluit.

Die SAPD se provinsiale kommissaris in die Noordwes, lt. genl. Sello Kwena, het al die beamptes wat die wet toegepas het, bedank vir hulle toegewydheid om seker te maak dat die gemeenskap veilig is en toesien dat wetsoortreders agter tralies beland.

 

Related Articles

Back to top button