Die treffende foto’s van Breëstraat se eens waardige akkerreus wat weer aan die brand is, is vroeër vanaand geneem deur Jaco Venter Teen 20:00 het die boom steeds gebrand. Vir jare het dié ou akkerboom sy skadu-lafenis gegee by Die Dot Shop totdat daar gedurende inperking bes moontlik deur haweloses vuur gemaak is in sy stam.
Vanaand was die gloeiende stam weer ‘n onbeskryflike gesig wat soos van ouds verbygangers twee maal laat kyk het na die eens waardige boomreus in Parys se hoofstraat.