NewsNews

Só het Vlak 2 inperkings regulasies vroeër vanjaar gelyk

Terwyl die land asem ophou oor of president Cyril Ramaphosa en sy bevelsraad strenger inperkings gaan aankondig in die lig van die kommerwekkende styging van die Covid-19 infeksiesyfer in die land, aldan nie, het baie Suid-Afrikaners dalk al vergeet wat Vlak 2 regulasies vroeër in die jaar vir Suid-Afrikaners beteken het. Die land is tans …

Terwyl die land asem ophou oor of president Cyril Ramaphosa en sy bevelsraad strenger inperkings gaan aankondig in die lig van die kommerwekkende styging van die Covid-19 infeksiesyfer in die land, aldan nie, het baie Suid-Afrikaners dalk al vergeet wat Vlak 2 regulasies vroeër in die jaar vir Suid-Afrikaners beteken het. Die land is tans steeds op vlak 1 regulasies met effe strenger regulasies wat vir brandpunt gebiede aangekondig is, en regulasies vir die gebruik van strande wat steeds in plek is. Daar is steeds geen defnitiewe aanduiding van wanneer die president weer met Suid-Afrikaners gaan praat nie.

Maar dalk onthou jy nog hierdie:

Die land was van 18 Augustus tot 20 September op Vlak 2 geplaas en was hierdie van die regulasies wat in plek was;

  1. Aandklokreël – Jy moes tussen 22:00 en 04:00 by jou huis wees behalwe in geval van nood of waar jy die nodige permitte kon toon.

2. Groep byeenkomste: Die bywoningsgetal by kerke en begrafnisse is streng beperk.

3. Geen sporttoeskouers – Daar kon geen toeskouers wees by sportwestrdyde nie en geen internasionale sportwedstryde nie.

4. Kuier by vriende – Jy kon kuier by vriende maar dit was beperk tot 10 mense.

5. Gimnasiums en flieks – Die gimnasiums was oop met ‘n maksimum van 50 mense wat tegelykertyd in die gimnasium kon wees. So ook rolprentteaters, teaters, konserte en opvoerings waar net 50 mense op ‘n slag kon wees, en jy moes kaartjies vooraf aanlyn koop en bespreek.

6. Strande – Jy kon toe strand toe gaan asook biblioteek toe, parke besoek, galerye ens.

7. Restaurante – Restaurante was oop en kon jy ook drank op die perseel koop en gebruik waar die restaurant gelisensieer was daarvoor maar ook net tot 22:00 wanneer die aanklokreel gegeld het.

8 Drank – Drank is verkoop by drankwinkels Maandae tot Donderdae 09:00 tot 17:00, maar nie op Vrydae en oor naweke en op vakansiedae nie.   Asseblief dra jou masker, hou jou afstand en was jou hande gereeld. Dit is ons elkeen se plig om juis nou saam te werk.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button