News

Kuier veilig saam met vriende in Feestyd

Kuier veilig saam met vriende in Feestyd

Ja, ja ek weet almal is al keelvol vir die hele pandemie … maar die realiteit is dat jy dit nie net eenvoudig kan ignoreer as jy jou gesin se veiligheid wil verseker nie.

Die eerste belangrike faktor is natuurlik dat familie en vriende in kleiner getalle moet kuier. Hou in gedagte dat jy nie weet met wie jou gaste gemeng het voordat hulle by jou woning opgedaag het nie – gee dus maar gehoor aan “social distancing”. ‘n Paar ander belangrike punte sluit in:

  • Al het jy hulle hoe gemis, vermy drukkies en soentjies en natuurlik die gebruiklike handdruk vir die manne. Sorg dat hulle dadelik hul hande reinig sodra hulle by jou woning opdaag.
  • Vra jou gaste om nie hul maskers in die huis te laat rondlê nie, maar eerder in hul sakke te hou wanneer hulle dit wel afhaal.
  • Hou die vensters en deure oop vir ventilasie.
  • Saniteer besige areas soos die kombuis en badkamer gereeld, asook handvatsels van deure wat gereeld oop en toe gemaak word.
  • Dra ‘n masker terwyl jy kosmaak en vra een persoon wat ‘n masker dra om die kos te bedien aan die ander rondom die tafel.
  • Eetgerei en borde moet so gou moontlik weer gewas word na gebruik. Die ander alternatief is om telkens weggooibare eetgerei en papierborde te gebruik.
  • Vervang die gaste handdoek met weggooibare papierhanddoeke.
  • Kuier eerder buite indien moontlik.

 

 

Related Articles

Back to top button