NewsNews

Interessante Kersfeestradisies van ander lande

10 Interessante Kersfeestradisies van ander lande

Het jy geweet Japannese eet Kentucky Fried Chicken op Kersdag, en in Ierland brand hulle lang rooi kerse oornag in vensters as ‘n teken dat die gesin haweloses sal huisves.  Lees hier watter interessante Kerstradisies in ander lande voorkom.

Het jy geweet Japannese eet Kentucky Fried Chicken op Kersdag, daar is ‘n duiwelse figuur wat stout kinders op Kersoggend in Oostenryk inwag en in Ierland brand hulle lang rooi kerse oornag in vensters as ‘n teken dat die gesin haweloses sal huisves.  Lees hier watter interessante kerstradisies in ander lande voorkom.

SWEDE – Die Kersfeesbok is ‘n simbool wat na Swede se antieke heidense feeste in die verlede terugdateer. Die simbool van die bok het egter in 1966 ‘n nuwe betekenis gekry toe die stad, Gävle ‘n reusagtige bok van strooi gemaak het om mense na die stad te lok – dit is amper 13 meter hoog, 7 meter wyd en weeg 3.6 ton. Sedertdien word die bok elke jaar die eerste Sondag van advent op die stadsplein opgerig en word dit die Gävle-bok genoem. Dit is die grootste strooibok in die wêreld en is in 1985 vir die eerste keer in die Guinness Book of Records opgeteken.

Die Kersfeesbok in Gävle. Foto: Getty Images Mats Astrand

FILIPPYNE – Elke jaar hou die stad, San Fernando ʼn reuse Lanternfees wat die Bethlehemster simboliseer. Die fees begin in die middel van Desember en eindig na die nuwe jaar. Tradisioneel is groot dekoratiewe ligstrukture uit bamboes gebou en met Japannese papier oorgetrek wat met olielampe en kerse verlig word. Mense verwys nou na San Fernando as die Kersfees Hoofstad van die Fillippyne.

Massiewe lanterns soos dié word oral in San Fernando opgerig. Foto: Getty Images – Dondi Tawatao

JAPAN – In Japan is Kersdag nie ʼn nasionale vakansiedag nie. Slegs 1 persent van die bevolking is Christene. In 1974 het die kitskos restaurant, Kentucky Fried Chicken op Kersdag ʼn baie suksesvolle bemarkingsveldtog geloods. Die slagspreuk van die veldtog was “Kurisumasu ni wa kentakkii!” of “Kentucky vir Kersfees!”  Die veldtog was so suksesvol dat Japannese op Kersdag Kentucky eet. Hulle bestel hul bokse braaihoender maande vooraf en is selfs bereid om vir twee ure in ʼn lang ry te staan om hul spesiale maaltyd op Kersdag te eet.

Op Kersdag eet Japannese KFC. Foto: Getty Images – Zhang Peng

YSLAND – Dertien nagte voor Kersfees besoek “Kersfeeswerkers” kinders wat hulle skoene in die venters bêre. In die oggend sal hulle dan lekkergoed in hulle skoene ontvang (as hulle gehoorsaam was). Indien hulle stout was, sal hulle vrot aartappels in hulle skoene kry.

13 dae voor Kersfees plaas kinders hulle skoene in die ventersters om die volgende oggend verras te word. Foto: Getty Images

FINLAND – Op Kersoggend eet Finse families tradisioneel ʼn pap wat van rys en melk gemaak word. Hulle eet dit  dan met kaneel, melk of botter en plaas ʼn amandel in die pap wat versteek word. Die kind wat die amandel kry is die wenner. Sommige families gebruik nie een amandel nie maar plaas dan ʼn amandel in elke kind se pap dat almal soos wenners voel. Aan die einde van die dag is dit die gebruik dat almal saam in ʼn stoombad warm word.

Op Kersoggend eet die Finne ryspap. Foto: Paivi Niemi

DENEMARKE – Voor Christenskap die Dene bereik het, het hulle ʼn fees voor die wintersonstilstand (21 Desember) gevier. Op 21 Desember is die nag die langste en die dag die korste. Hulle het die ligter dae gevier. Vandag word hulle huise tydens Kersfees met elwe versier – ʼn bygelowige tradisie, want hulle glo die elwe beskerm hulle. Op Oukersaand, plaas hulle ʼn Kersboom in die middel van ʼn vertrek en dan sing en dans hulle rondom die boom.

‘n Stad in Denemarke. Foto: Anon

NOORWEË – In Noorweë begin die Kersseisoen op 3 Desember. Families kuier dan regdeur die maand in hulle plaaslike restaurante en kroeë. Hulle vier Kleinkersdag op 23 Desember wanneer hulle die kersboom versier, gemmerkoekhuise bak en warm ryspoeding eet.

Noorweë vier Kleinkersdag. Foto: Thomas Rasmus Skaug

IERLAND – In Ierland plaas inwoners lang rooi kerse voor hulle vensters oornag as ʼn simbool om mense warmte en skuiling te bied teen die koue buitekant. ʼn Tradisionele kersfeesete sluit ‘n geroosterde gans, groente, bosbessies en aartappels in.

Inwoners van Ierland plaas lang rooi kerse in hul venters. Foto: Getty Images

POLAND – Op Oukersaand deel families ʼn ongesuurde wafel (oplatek). Elke lid van die gesin breek ʼn deel af terwyl hulle mekaar ʼn gelukkige Kersfees toewens. Hulle mag nie aandete geniet voordat die eerste ster in die naghemel verskyn nie en tradisioneel dek hulle ook ʼn ekstra plek vir iemand wat ongenooid mag opdaag.

In Poland dek jy altyd ‘n ekstra plek aan tafel vir iemand wat ongenooid mag opdaag. Foto: Getty Images

BRON: https://www.countryliving.com/entertaining/g4933/christmas-traditions-around-the-world/

https://potchefstroomherald.co.za/82227/10-interessante-kersfeestradisies-van-ander-lande/

Related Articles

Back to top button