News

Fees van Kersmusiek saam met bekroonde tenoor Stefan Louw

Piekniek met Kersmusiek

 

 

Op Vrydag 18 en Saterdag 19 Desember 2020 het die internasionaal bekroonde tenoor Stéfan Louw en sy vrou n besondere belewenis van Kersliedere by Kerslig-piekniek vir Parysenaars aangebied in hul tuin in Derdelaan.

“Dit was ‘n moeilike jaar vir almal,” het Marisa gesê, “en ons wou ‘n bietjie vreugde vir die gemeenskap bied deur middel van musiek en sang.”

 

 

Die soliste wat opgetree het, was Stéfan Louw (tenoor), Erna Rademan (klavier) en Louw se sangstudente: Danielle Venter (sopraan) wat vanjaar aan Hoërskool Parys gematrikuleer het; Karien Geldenhuys (sopraan) ‘n professionele grimeerkunstenaar en voltydse ma van Parys; Corniël Calitz (bas-bariton) ‘n BA-kommunikasie-student van Potchefstroom; en Lappies Labuschagne (tenoor), ‘n ervare logistieke en pakhuisbestuurder van Sasolburg. Marisa, wat ‘n professionele vryskut en klassiek opgeleide sopraan is, het ook by die kunstenaars aangesluit vir groepsang.

Die Louws het die aande gratis aangebied, en die twee aande was ‘n reuse sukses. “Ons bied voortaan elke Desember ‘n Kersliedere by Kerslig aan,” het Stéfan gesê. “Die datums vir 2021 is Vrydag 17 en Saterdag 18 Desember. Ons gaan bywoning gratis hou, maar ons sal borge soek om van die uitgawes te help dek.”

 

Vanweë die sukses van die Kersliedere by Kerslig, het Stéfan gesê dat hy meer gereelde konserte by hul huis wil aanbied. “Groter konserte buite, en meer intieme en eksklusiewe operakonserte in ons sitkamer,” het hy verduidelik. “Maar eers gaan ons so ‘n bietjie rus voordat ons die nuwe jaar met ‘n Romantiese Valentyns-konsert op 14 Februarie om 11:30 in die NG Kerk Vredefort afskop.”

 

As u Stéfan se pragtige tenoorstem geniet, kan u kaartjies op Quicket teen R100 per persoon bespreek. Vir navrae, kontak Marisa by 0649635386.

Hier is die skakel vir kaartjieverkope vir Stefan se 14 Februarie

Hier is die skakel vir die kaartjieverkope vir die 14e Februarie konsert

https://www.quicket.co.za/events/127357-ro

omantiese-opera-met-tenoor-stfan-louw/

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button