NewsNews

Community Care: 10 Jaar se onbaatsugtige diens

Community Care: 10 Jaar se onbaatsugtige diens

 

Talle Parysenaars kan getuig van die vriendelike gesigte van nooddienswerkers van Community Care wat oor die afgelope tien jaar in tye van mediese nood daar was om te help. Professionele mense wat vrywillig die diens gratis in hul eie tyd wanneer hulle nie aan diens was nie, aan die gemeenskappe van Parys, Tumahole, Vredefort, Mokwallo, Lindequesdrift en omliggende distrike gelewer het – sonder enige vergoeding.
Vandeesmaand is die diens 10 jaar oud.
Community Care is in 2010 gestig deur Johan Louw en Mike Emmerich wat gesien het dat daar ‘n nood is vir die diens in Parys. ‘n Voertuig is vir dié doel geborg deur die Palm Court Center (mnr. Peter Papavarnavas).
Die diens is 100% afhanklik van die publiek se donasies en word geen befondsing van die staat ontvang nie.
Al die personeel is geregistreer by die Health Professions Council of South Africa (HPCSA) in verskillende vlakke van nood mediese sorg. Soos wat die diens ouer geword en uitgebrei het, het die nood vir ’n groter voertuig egter ontstaan. ’n Voertuig wat ook groot genoeg sou wees om die diens se waterreddingstoerusting te kon vervoer, en meer geskik sou wees vir die paaie in die gebied wat bedien word.
Besighede in die dorp is genader en kon Community Care met die hulp van die sakegemeenskap van Parys en borge ‘n nuwe SUV voertuig koop.
Die voertuig sal dit makliker maak vir personeel om ook noodoproepe op plaaspaaie en in die informele nedersettings te hanteer, is veiliger vir die personeel en kan meer toerusting vervoer. Community Care se vorige voertuig sal nou in Meyerton diens doen.
Enigeen wat graag ’n bydrae tot hierdie diens wil lewer vir die onbaatsugtige diens wat aan die gemeenskap gelewer word, kan ’n elektroniese inbetaling in die volgende rekening doen: Community Care |Standard Bank, rekeningnommer: 04 394 2237, takkode: 05 5736.
Die besighede wat Community Care borg en dit moontlik maak om die gemeenskap te help is ER24 EMS (Edms) Bpk, MPI (Edms) Bpk, Namgola Logistics, Caltex Parys Service Station, It’s Ink Printers, Parys Matte t/a Top Carpets and floors, Tjipmunks Restaurant, AB’s Pub &. Grill, Hotel Le Grand Château, SignSeeker, Security Master, Plum Tree Restaurant, Candy Man Parys, The Local Choice Pharmacy Schwim’s en Rotary Club of Parys. Dankie aan elkeen wat die afgelope tien jaar die onbaatsugtige werk van Community Care werkers op hierdie manier moontlik gemaak het.

Community Care noodnommer
081 529 3798
Hou asseblief in gedagte dat die noodnommer 24/7 beman word. Sou Community Care werkers nie beskikbaar wees om self uit te gaan na ‘n noodgeval nie, word ‘n ander nooddiens onmiddellik geaktiveer.

Wanneer jy die noodnommer skakel, gee die volgende inligting
* Adres en naaste baken aan die adres bv. ’n kerk, kafee ens.
* Kortlikse beskrywing van wat die noodgeval is
* Of die pasiënt ’n mediese fonds het of staatspasiënt is
* Allergieë en mediese geskiedenis bv. hartpasiënt.
Dit help om die regte kundige mediese personeel so vinnig moontlik op die toneel te kry.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button