News

Dankie vir omgeeharte vir Kersvreugde vir hulle wat minder het

Parysenaars se harte oop vir hulle in nood

 

Op 24 Desember sal daar na 40 gesinne in Parys, wat andersins nie die bederf van ’n Kersete sou hê nie, uitgereik word met ‘n spesiale Kersete-bederf wat moontlik gemaak is danksy die oop harte van die gemeenskap van Parys.
Die gedagte was om op die 24ste vir elkeen van hierdie gesinne in nood, na wie daar steeds deur die Red Ribbon-projek sedert grendeltyd omgesien word, spesiaal verpakte bestanddele te kan gee sodat hulle self op Kersdag ‘n Kersete kan voorberei.
Die ete bestaan uit hoender en groente met nagereg. Genoeg hoenders, groente, nagereg en waatlemoene is geskenk en sal die surplus van geldelike skenkings wat ontvang is, gebruik word om na Kersfees vir oulaas nog te kan uitreik na hulle in nood wanneer die projek einde Desember 2020 ten einde loop.
Dankie, dankie, dankie aan elkeen wie se hart en hand in die afgelope maande oop was om die projek te ondersteun op soveel maniere. Weet dat elke bydrae ‘n verskil in iemand se lewe gemaak het in hierdie uitdagende tye.

 

 

Related Articles

Back to top button