NewsNews

Baie vrae hang nog na toegewyde pa in ongeluk sterf

Baie vrae hang nog na toegewyde pa in ongeluk sterf

ā€˜n Ongewone motorongeluk het Saterdag, 28 November, die lewe van mnr. Cobri Kriel (38), die pa van twee jong seuntjies, geĆ«is.
Ā 
VANDERBIJLPARK. ā€“ ā€˜n Ongewone motorongeluk het Saterdag, 28 November, die lewe van mnr. Cobri Kriel (38), die pa van twee jong seuntjies, geĆ«is. ā€œOns familie is verpletter. Ons sal graag met ooggetuies in verbinding wil tree sodat ons net sin uit die hartseer gebeure kan maak. Ons het nog so baie onbeantwoorde vrae,ā€ sĆŖ sy suster, Lelize Kriel. Die voertuig waarin Cobri ā€˜n passasier was, het gerol maar daar was skynbaar nie ā€˜n ander voertuig betrokke nie. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Volgens ā€˜n woordvoerder van ER24 het paramedici omstreeks 17:30 die betrokke aand op die toneel in President Swartstraat, Vaalpark aangekom om bystand te verleen. Twee mans, insluitend Cobri, is uit die voertuig geslinger. Ongelukkig kon hulle niks meer vir hom doen nie en hy is op die toneel dood verklaar. Die ander beseerde man, wie se identiteit nie bekend gemaak is nie, het hoofbeserings opgedoen en is na ā€˜n plaaslike hospitaal vervoer. Die vroulike bestuurder, wie se naam ook nie aan Vaalweekblad bekend is nie, was steeds in die wrak vasgeklem en is deur die plaaslike brand- en nooddienste uit die voertuig bevry. Sy is met redelik ernstige beserings aan haar arm en heup in die hospitaal opgeneem. ā€œCobri-hulle het die middag by die ouers van ā€˜n klasmaat van hul seun gekuier. Cobri het die namiddag saam met ā€˜n man en vrou na Spar gery toe die ongeluk gebeur het,ā€ sĆŖ Lelize. Cobri het in die Vaaldriehoek grootgeword en aan Laerskool Parksig en HoĆ«rskool Vanderbijlpark skoolgegaan, waar hy in 2000 gematrikuleer het. Hy was van jongs af ā€˜n groot sportgeesdriftige en het as skoolseun uitgeblink in tennis, rugby, krieket en aksiekrieket. Hy het eers by Du Plessis Sand gewerk voordat hy as werkswinkelbestuurder by Andersons Transport in Alrode, Alberton aangesluit het. ā€œCobri was ā€˜n baie vriendelike, behulpsame en pligsgetroue soort mens wat elke oggend 03:00 opgestaan het om van Loch Vaal af werk toe te ry,ā€ sĆŖ Lelize. Hy het dikwels eers teen 19:00 van die werk af teruggekom. ā€œMy hart het die aand van sy dood tot stilstand gekom. Hy was nog altyd my beste maat, my hero, my stoutgat en ook my realiteit. Hy was iemand wat jou laat lag het, goeie raad gegee het, vir jou iemand sou bel as hy nie self antwoorde gehad het nie, jou ā€˜n stywe drukkie sou gee, en net amazing was,ā€ sĆŖ sy suster. Cobri word buiten sy suster ook oorleef deur sy vrou, Nicolene, sy seuns Elander (8) en JohandrĆ© (18 maande) en sy ouers Alta en Koos Kriel van Louisrus. Die familie het op 4 Desember tydens ā€˜n troosdiens by die Vaalrivier-gemeente van hom afskeid geneem. ā€œOm sterk te staan is moeilik, maar ons weet hy verdien sy plek in die Paradys,ā€ sĆŖ Lelize. * Die familie en polisie doen ā€˜n beroep op ooggetuies van die ongeluk om Lelize by 062 941 0457 of kapt. Meyer by Sasolburg se speurtak te kontak.
Ā 
https://vaalweekblad.com/82685/baie-vrae-hang-nog-na-toegewyde-pa-in-ongeluk-sterf/

Ā 

Related Articles

Back to top button