NewsNews

Sekere strande toe, strenger maatreëls vir hele SA

    Dit is wat jy moet weet van wat die president  aangekondig het Maandagaand 14 Desember SA bly op vlak 1 van inperkingsregulasies te midde daarvan dat die land hom nou amptelik in ‘n tweede vlaag van Covid-19 infeksies bevind. Strenger maatreëls word wel met onmiddellike effek ingestel vanaf vandag, 14 Desember om middernag. …

 

 

Dit is wat jy moet weet van wat die president  aangekondig het Maandagaand 14 Desember

  • SA bly op vlak 1 van inperkingsregulasies te midde daarvan dat die land hom nou amptelik in ‘n tweede vlaag van Covid-19 infeksies bevind. Strenger maatreëls word wel met onmiddellike effek ingestel vanaf vandag, 14 Desember om middernag.
  • Geen byeenkomste van meer as 100 mense binnenshuis nie (insluitend kerkdienste) en nie meer as 250 mense vir buitenshuise byeenkomste.
  • Bestuurders van openbare vervoer-voertuie moet toesien dat alle passasiers maskers dra en daar voldoende ventilasie is.  Mense is gevra om minder te reis en as hul reis dit veilig te doen, hoewel grense nie gesluit word nie en reisbeperkings nie ingestel is nie.
  • Bestuurders van alle geboue en winkels wat deur mense besoek word, moet toesien dat hul werknemers maskers dra terwyl hulle werk en indien dit nie gedoen word nie, kan jy beboet of ses maande gevangenisstraf opgelê word.
  • Alle byeenkomste na begrafnisse word verbied.
  • Geen feeste op strande nie, strande wat oopbly soos in die Wes- en Noord-Kaap se ure word beperk vir die feestyd en sal net oop wees tussen 09:00 en 18:00. Geen feeste en lewendige konserte word op strande toegelaat nie..
  • Gebiede met die hoofste infeksievlakke se strande en openbare parke word gesluit van 16 Desember tot 3 Januarie. Dit sluit die hele Oos-Kaap en Tuinroete onder meer in.
  • Strande en parke in KwaZulu Natal sal gesluit wees op 16, 25, 26 en 31 Desember en ook 1-3 Januarie.
  • Die aandklokreël vervroeg en is nou van 23:00 tot 04:00 daagliks. Dit sluit Oujaarsdag en Oukersaand in.
  • Restaurante moet om 22:00 sluit.
  • Drank mag net Maandae tot Donderdae tussen 10:00 en 18:00 verkoop word.
  • Wynplase mag wel voortgaan met hul bedrywighede soos wynproe.
  • Geen drank op strande en openbare plekke nie.
  • Nêrens sal groot getalle mense toegelaat word nie.
  • Die verwagting is dat SA vroeg 2021 entstof vir 10% van die bevolking sal kry.

Related Articles

Back to top button