NewsNews

Dit het weer gebeur – jy moet versigtig wees vir dié slenter

Wees gewaarsku

   

 

Dit het weer gebeur! Niksvermoedende mense wat in ‘n winkel, veral kruidenierswinkels genader word met die slenter dat jy jou inkopies goedkoper kan kry met aansienlike afslag wat aangebied word. Jy moet net dié en daardie gou doen en voor jy weet is jou handsak en beursie skoonveld, en so ook die geld uit jou bankrekening. Hulle wat jou nader lyk allermins na skelms. Die storie klink eg. Die afslag aanloklik. Maar wees gewaarsku – moet nie hiervoor val nie. As iets te goed klink om waar te wees is dit! Voordat jy instem tot enigiets, kontak eerder die bestuur van die winkel direk en bevestig of die afslag wat die slentersluipers jou aanbied, eg is. Rapporteer alle misdaad by die polisie. Oppas ook wanneer jy die OTM oor die Feesseisoen gebruik – wees oplettend en waaksaam. Moenie saans of wanneer dit stil is by die OTM die gebruik nie. Moenie dat iemand jou help nie. Moenie die OTM masjien gebruik as jy sukkel om jou kaart in die gleuf te kry nie – daar is waarskynlik met die masjien gepeuter. Moenie waardevolle items in jou kar los nie. Maak seker jou motor is gesluit en staan eers bietjie rond by jou motor voordat jy haastig na die winkels beweeg. Afstandbeheertoestelle word belemmer deur seine wat misdadigers uitstuur deur toestelle om die werking van jou afstandbeheer te belemmer. Soos wat jy nou Kerskopies doen, is misdadigers net so hard besig om na hul “winskopies” te soek.      

Related Articles

Back to top button