NewsNews

Welverdiende ruskans vir juffrou Elize

Welverdiende ruskans vir juffrou Elize

Wanneer sy in haar klaskamer gestaan het, was die belangrikste vir haar om vir kinders die wortels te gee om te groei, en die vlerke om te vlieg.
En dit het juffrou Elize Odendaal beslis reggekry in die afgelope 16 jaar wat sy op die personeel van Parys Primêre skool was.
Maar nou is dit tyd om te groet vir  ‘n welverdiende aftrede na 38 jaar in die onderwys.
Haar kollegas en die klank van kinderlaggies gaan sy baie mis, maar sal hierdie nuwe fase in haar lewe ook die geleentheid vir meer tyd saam met haar gesin bied, en om sommer net ouma te  wees!
Sy gaan in Parys aanbly en nou is die tyd wat sy  haar kamera baie meer gereeld gaan nadertrek om daardie goue oomblikke vas te lê. ‘n Stokperdjie waarmee sy haar al ‘n geruime tyd mee besig hou en reeds gewys het hoeveel talent sy ook as fotograaf het. Dan is daar ook haar tuin en planne vir rondreis, veral baie tyd in die wildtuin spandeer, sê sy, wat hoog op haar prioriteitslysie is noudat daar meer tyd is vir rustig wees.
Vra jy haar na die grootste les wat sy in haar jare van onderwys geleer het, vertel sy gou dat jy nooit té oud is om te leer nie!
Geniet die aftrede juffrou Elize!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button