NewsNews

Skitter uitslae vir boeties by Kids with Talent SA finaal

Hulle kan 'n trom slaan!

 

 

 

 

Twee boeties van Parys, Jadon en Rudo Smit het die naweek die uitmuntende prestasie behaal om elk in hul onderskeie afdelings met tweede plekke te kon spog  by die Kids with Talent SA finaal waar net die room van die land se deelnemers in verskeie kategorieë deelgeneem het.

Slegs 38 kinders van 6 tot 18 jaar het vanjaar deurgedring na die Grand Finale in alle kategorieë. Hiervan was net 5 trommers, waaronder Jadon en Rudo.

Jadon eindig algeheel tweede in die tromme-afdeling 14-15 jaar, en Rudo tweede in die tromme-afdeling vir 10-11 jaar.

Ouboet Jadon het verlede jaar die tromme-afdeling in sy kategorie gewen  en was toe ook algeheel tweede in die instrument-kategorieë.

Vanjaar is inskrywings anders hanteer en moes deelnemers ’n video-opname instuur, met letterlik honderde opnames oor die land wat ontvang is.

Beide neem  les by Berné van den Berg by Gaudium Artes, en is die seuns van Johan en Annemarie Smit.

 

 

Related Articles

Back to top button