News

Geloftedag in en om Parys herdenk

Geloftedag in en om Parys herdenk

   

Verskeie Geloftefeesdienste sal weer vanjaar in en om Parys gehou word. Hier is die inligting van Geloftefeesdienste wat teen Gazette se druktyd ontvang is.

DeWetsdrift Geloftefees:

Die geloftefeesdiens by DeWetsdrift word op Woensdag, 16 Desember by die DeWetsdrift Geloftefeesterrein net onderkant die Vredefort Koepel se westelike grens teen die Vaalrivier gehou. Die program begin die oggend om 09:00 met voorsang en die diens is om 09:45, gelei deur ds. Ronald Bain van die Gereformeerde Kerk Oranjerivier. Erna Rademan, Juan Greeff, Gerard J. van Rensburg en sy span sal die sang lei. Die spreker vir die dag is Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Die program sluit ook ‘n vlaghys/kransleggingseremonie in, sowel as jeugoptrede met trompetbegeleiding en perdekommando. Gratis boereworsrolle, gemmerbier en koeldrank sal deur Dawid en Magda Perry en hul span verskaf word. Kom kuier die dag saam by dié 112 jaar oue geskiedkundige DeWetsdrift Geloftefeesterrein aan die oewer van die Vaalrivier, net 7km vanaf die Skandinawiëdrift-brug aan Vrystaat-kant. Daar sal genoeg vuurmaakgeriewe wees vir dié wat wil braai. Besoekers en gaste is hartlik welkom. Alle Covid-19 regulasies sal tydens die byeenkoms toegepas word. Bring net jou stoel en/of kussing en kollekte saam. Vir navrae oor die dag kan jy Stephan du Toit by 083 540 7375, Sue Jansen van Rensburg by 083 254 7302, of Herman van Wyk by 082 770 9444 kontak of stuur e-pos na hermanvanwyk12@gmail.com  

Die foto is met ‘n vorige Geloftefeesviering op die geskiedkundige DeWetsdrift-geloftefeesterrein in die Vredefort Koepel geneem. Foto’s: Verskaf

 

Vanjaar se Geloftefeesdiens by DeWetsdrift word gelei deur ds. Ronald Bain van die Gereformeerde Kerk Oranjerivier.

Koedoesfontein Geloftefees:

Die Koedoesfontein Geloftediens begin op 16 Desember om 10:00 met samesang, met die diens wat om 10:30 deur past. Rinus van Sandwyk gelei sal word.

Greenlands Geloftefees:

Geloftedag word by Greenlands herdenk met ‘n program wat vir 15 en 16 Desember aangebied word. Vir 15 Desember word ‘n mini-basaar om 17:00 beplan, asook geleentheid vir voorlaaier en kleiduifskiet. Om 19:00 word daar konsert gehou. Die Geloftefeesverrigtinge in Greenlands begin die 16de om 09:30 met ’n kranslegging, gevolg deur die erdediens om 10:00 gelei deur ds. Hennie Hattingh. Mnr. Leon Strachan sal die Feesrede om 11:00 lewer, waarna daar vanaf 12:00 gesellig saamgekuier en geëet sal word. Onthou om jou eie eetgerei saam te bring. Donasies sal opreg waardeer word. As jy meer inligting of padaanwysings nodig het vir bywoning van die Greenlands program, skakel Gert Loggenberg by 072 0202 9568, of Charlotte Smallberger by 082 379 4457.

Roepersfontein Geloftefees:

Die Geloftediens by Roepersfontein begin om 08:30 en sluit ook ‘n perdekommando en vlagtablo as deel van die program in. Die Feesdiens begin om 10:00, gelei deur ds. André Rudman. Middagete is gratis en kampeerders is vanaf 13 Desember welkom. Onthou om jou eie stoele en eetgerei saam te bring. Vir navrae skakel Dries Burger by 083 627 1177. E-pos navrae kan na kubekonstruksie@gmail.com gestuur word.      

Related Articles

Back to top button