NewsNews

Herrie oor maer kameel: Sirkus kap terug

Herrie oor maer kameel: Sirkus kap terug

VEREENIGING. – Die McLaren Sirkus het nou teruggekap oor bewerings van dieremishandeling wat die afgelope paar weke opslae op sosiale media veroorsaak het.
Die drama volg nadat die Boksburg Dierebeskermingsvereniging (DBV) onlangs op hulle Facebook-blad aangekondig het dat hulle ’n waarskuwing aan die McLaren Sirkus gerig het nadat die sirkus onlangs in Atlasville in Boksburg getoer het.
“Diere verdien nie om soos produkte behandel te word nie. Hulle is wesens met gevoel en verdien om gerespekteer te word vir wie hulle is,” lui ‘n uittreksel uit die verklaring wat deur die DBV uitgereik is.
Mense het op sosiale media aangedring dat die diere gekonfiskeer word.

Die sirkus het reeds ‘n verklaring oor die aangeleentheid uitgereik waarin hul die publiek verseker het dat hul kamele perdfris en gesond is en dat die foto wat gesirkuleer word uiters misleidend is. Die sirkus het selfs mense wat oor die toestand van die kamele bekommerd is gevra om hulle persoonlik te kontak sodat hulle die diere kan besigtig en vir hulself besluit.
Arnold Dickson, operasionele bestuurder van die McLaren Sirkus, het die afgelope week benadruk wat die sirkus reeds in hul verklaring oor die aangeleentheid genoem het, naamlik dat die foto die verkeerde beeld uitstuur.

“Die kameel op die foto is maar drie jaar oud en die mense op Facebook wil (skynbaar) die kameel met ‘n volwasse kameel vergelyk wat 15 jaar oud is.

“Jy behoort teen dié tyd al te weet dat een foto van ’n verkeerde angle ’n (verkeerde) storie kan vertel. Dit is presies wat hul gedoen het en blykbaar (gegewe die reaksie op sosiale media) was hul suksesvol daarmee.

Sien voorafgaande berig hier:

DBV waarsku sirkus oor toestand van kamele

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button