NewsNews

Feesseisoen bring groot nood vir Bloeddiens

Feesseisoen bring groot nood vir Bloeddiens

Tradisioneel is Desember ’n moeilike tyd vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS). Die rede – baie getroue bloedskenkers is dan met verlof en gaan weg vir die vakansie, terwyl ook skole en universiteite gesluit is. Gevolglik kan daar nie daarin geslaag word om die 3 000 eenhede bloed daagliks in te samel wat nodig is. Ongelukkig raak die behoefte aan bloed ons elkeen. Agt uit tien mense sal in ’n stadium bloed of bloedprodukte in hul lewe benodig.
Met net een bloedskenking kan jy soveel as drie lewens red. ’n Eenheid bloed word in drie komponente geskei: rooibloedselle (om die bloedvolume te vervang van ‘n persoon wat baie bloed verloor het, byvoorbeeld tydens ʼn motorongeluk of kindergeboorte, plasma vir mense wat aan ‘n bloedsiekte soos hemofilie ly of wat ernstige brandwonde opgedoen het, en plaatjies wat gegee word aan kankerpasiënte wie se plaatjies deur chemoterapie vernietig is.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se mobiele skenkerskliniek is komende week, Dinsdag 8 Desember by die kerksaal van die Hervormde Kerk h/v Loop- en Paulsenstraat vanaf 12:00 tot 18:00. Elke bloedskenker sal ‘n Feesseisoen verrassing ontvang
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
– Tussen die ouderdom van 16-75 wees.
– Meer as 50kg weeg
– Iets voor jou skenking eet
– ’n Veilige seksuele leefstyl lei
– Gesond wees op die dag van skenking.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button