NewsNews

Bouwerk vir kerkgebou vorder fluks

Bouwerk vir kerkgebou vorder fluks

 

As daar kerk gebou moet word, staan die hande van Schonkenville se mense vir niks verkeerd nie. Lidmate van die Christen-gemeente in Schonkenville het ’n tyd gelede self begin bou aan ’n kerk nadat die sinkgebou wat hulle vroeër opgerig het op grond wat vir hulle geskenk is, net té klein en té warm geword het vir kerkhou veral in die somermaande. Die steenwerk is nou amper klaar danksy Wikus van der Westhuizen en die bydraes van twee vroue, Amanda Buys en Ina Curry.  

   

 

 

 

Die gemeente is in die laat tagtigerjare gestig en het vandag sowat 50 lidmate. Aanvanklik is in ’n huis kerk gehou, en later is die gemeenskapsaal in Schonkenville gehuur vir eredienste. Toe die gemeente die grond gekry het, is die sinkstrukstuur opgerig, maar was dit Herman Johnson, hoofleier van die gemeente, se visie om ’n kerk vir die gemeente te bou. Lidmate – oud en jonk, bou self soos wat daar geld is vir boumateriaal en danksy skenkings wat al ontvang is. Hulle wil teen Desember hê dat die kerkgebou moet staan met sitplek vir 100 mense in die kerk    

 

Related Articles

Back to top button