NewsNews

Plaasaanvalle: Mense moet weet

Plaasaanvalle: Mense moet weet

 

Dis vroegoggend. Die son kleur die lig oor die Vrystaat se rante.

Die dorp is stil. Hier en daar n motor, maar die vragmotors is al vroeg op die pad. Laat die toeter luidkeels hoor as hul die grens tussen Vrystaat en Noordwes oorsteek oor die brug oor die Vaal.

En op die brug groet hul twee perde en hul ruiters met swart vlae wat die boodskap dra – plaasaanvalle is n werklikheid.

Mense weet, hulle sien, baie stop, gesels – sommige emosioneel. Dis n pyn wat aan almal vat. Seer van geliefdes, boere, plaaswerkers- hulle wat skiellik sonder waarskuwing van jou weggeruk word. Grusaam, pynlik.

En dis die boodskap wat Gideon van Tonder en Patrick David dra. Die boodskap waar hul stil langs die land se hoofweë die perdehoewe laat klink. Soos boere van ouds in die saal

Hulle ry van Brits na Bloemfontein. Vanoggend is hul deur Parys net na 05:00 waar ek hul op die Potch-brug kry.

Vanaand slaap hul net buite Vredefort.  Hulle is so byna halfpad op hul reis – n goeie twee weke al op die pad. Die hoop om op Geloftedag op 16 Desember by die Vrouemonument te wees.

Elke dag 25km en so ongeveeer 4 ure op die pad. Drie dae se ry en dan eers n dag rus. Sommige slaapplek is vooraf gereël. Maar waar die pad hul lei en hul perde slaap, daar rus hulle. Boere se harte oop vir die twee ruiters.

Hulle vra nie geld nie, donasies hier en daar help voer betaal, maar eintlik is elke kilo bewusmaking van mense se seer. Boeregemeenskappe se seer.

Volg Gideon en Patrick op Banjo en Spokie op hul reis wat jy kan meemaak op hul Facebook-blad Legends in the saddle-rit vir plaasmoorde.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button